TUISTE CD'S VIDEO'S BESPREKINGS
Juan Boucher is gebore in Vereeniging, in die Vaal Driehoek, op 24 Mei 1984. Sy lewe word in 2004 op die ouderdom van 20 onheroeplik verander toe sy meisie, Nadia Potgieter, in ‘n baie ernstige motor botsing betrokke is en in die intensiewe eenheid in ‘n koma beland. Tydens die daaropvolgende twee maande kon hy Nadia net vir kort rukkies besoek en besluit om vir haar iets te gee om aan vas te klou vir die tye wat hy nie by haar kon wees nie. In haar koma het trane oor haar wange gerol en Nadia het sy hand gedruk om te wys alles okay gaan wees. Juan het ‘n goedkoop kitaar en ‘n notaboekie gaan koop en begin kitaar speel en begin om ‘n liedjie vir Nadia te skryf. Drie weke voordat Nadia haar laaste asem sou uitblaas, het Juan die liedjie “Keep Fighting” vir haar klaar geskryf. Om presies te verstaan waar Juan se passie vir musiek vandaan kom is sy eie woorde: “Om ‘n sanger te wees is nie ‘n keuse nie, dit word vir jou gegee”. As jou lande omgeploeg word en jy gebruik dit om met jou pyn, hartseer en teleurstellings te deel en om ander te inspireer, is dit ‘n gawe van bo. As ‘n liedjieskrywer moet dit uit jou hart en siel kom, daarom is my “ikoon” definitief Sir. Elton John. Musiek vorm ‘n groot deel van ‘n mens se lewe en daarom is dit vir my ‘n voorreg om iets terug te gee. Op 25 jarige ouderdom word hy deur VONK geteken en sy debuut album, 082... verskyn op die rakke. “Bring die water” was dadelik ‘n groot treffer. Die album lewer verskeie ander treffers onder aanhangers op soos bv. Botterbekkie, 082.., Hou daai smile, 24, en Pamela op.  Sy nederige, innemende persoonlikheid, musiek en verhoog persoonlikheid gryp mense aan.  Hierna met sy liefde vir musiek en liedjies borrel uit sy pen uit. Met sy tweede album “Jy is my flavour” ontvang hy sy eerste toekenning en wel vir die treffer “Trek toe die gordyne”. Die album lewer verskeie treffers op en bewys weereens waarom ‘n bekende gesinstydskrif na Juan verwys as “diskoprins”. Sy derde album word in uitgereik in 2013 met 14 liedjies op waarvan 12 uit sy eie pen kom en belowe om weereens verskeie treffers op te lewer. Die album word opgeneem by Brak Musiek in Ermelo in samewerking met twee van die land se beste muskante, Andrew Roos en Johan Rautenbach. Juan droom groot en glo met harde werk en die genade van Bo is daar nog groot dinge wat vir hom voorlê.
© Juan Boucher Productions 2013. All Rights Reserved
TUISTE